On Now
Weekdays 18:00 - 22:00
OFM Nights Laurika
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Britse ouma vereer met kitsnoedeltema-afskeidsrede

───   15:57 Mon, 20 Apr 2026

Weird Wide Web: Britse ouma vereer met kitsnoedeltema-afskeidsrede | News Article
Foto: centr.com

Die 72-jarige Sandra Burnell van Newport, Wallis, was so 'n toegewyde aanhanger van Pot Noodles dat haar familie 'n tema-begrafnis ter ere van haar gereël het.

Volgens haar dogter, Tracy Sharpe, het Sandra elke dag van haar lewe dié kitsnoedels geëet – en altyd net die bief-en-tamatiegeur. Nadat sy siek geword het en nie baie kos kon eet nie, het Pot Noodles haar trooskos geword. Elke aand om 21:00, sonder uitsondering, het sy haar gunsteling geëet.

Toe dit tyd was om afskeid te neem het haar familie seker gemaak daardie gewoonte word onthou.  Hulle het selfs ’n paar Pot Noodles saam met haar in die kis gesit – want, soos haar dogter gesê het, hulle kon haar nie sonder dit laat gaan nie.

En die huldeblyk het daar nie geëindig nie. Die begrafnisprogram het ’n beeld van die ikoniese happie bevat en was helderrooi ontwerp om by die verpakking te pas. Gaste het ook elk ’n Pot Noodle ontvang om huis toe te neem as ’n aandenking.

Mense wat dit bygewoon het, het dit beskryf as ’n besonder spesiale en betekenisvolle afskeid. Party het gesê dit was ’n pragtige viering van Sandra se persoonlikheid, terwyl ander gesê het hulle gaan self ’n Pot Noodle eet ter nagedagtenis aan haar.

Want soms … Is dit die klein dingetjies wat iemand liefhet wat die grootste storie vertel.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.