On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Kosblogger skep deurskynende gebraaide hoender!

───   15:43 Tue, 05 May 2026

Weird Wide Web: Kosblogger skep deurskynende gebraaide hoender! | News Article

Cai Nan is bekend vir die skep van ongewone geregte met behulp van gevorderde kooktegnieke, maar sy nuutste skepping is dalk sy vreemdste nog!

Cai Nan is bekend daarvoor dat hy vreemde en ongewone geregte skep met gevorderde kooktegnieke – die tipe wat jy gewoonlik net in luukse restaurante of selfs wetenskaplike laboratoriums sien. Maar sy nuutste skepping is dalk sy vreemdste nóg: Deurskynende gebraaide hoender wat amper soos glas lyk.

In ’n onlangse video, wat vinnig viraal gegaan het, het Cai Nan ’n baie vreemde vraag gevra: Kan jy gebraaide hoender deursigtig maak?

En op een of ander manier het hy dit reggekry. Die eindresultaat lyk soos iets uit ’n wetenskapfiksie-fliek – ’n stuk hoender waardeur jy amper kan sien. Dis mooi, ’n bietjie vreemd … en eerlikwaar effens ontstellend.

So hoe het hy dit gedoen? In plaas daarvan om net ’n gewone stuk hoender gaar te maak, het Cai Nan dit van nuuts af opgebou. Hy het begin met die benedeur ’n mengsel van beenmurg, kollageen en ’n tipe gel te gebruik. Hy het dit in vormpies gegiet wat soos hoenderbene lyk en dit laat stol.

Toe het hy die vleis aangepak.

Hy het die hoender eers in ’n vloeistof verander, en daarna ’n spesiale tegniek gebruik, wat dikwels in moderne, eksperimentele kookkuns gebruik word, om die tekstuur weer soos regte vleis te laat voel. Toe a die “vleis” en “bene” gereed is, het hy dit saam in ’n vorm gesit om ’n volledige stuk hoender te maak.

En ja … hy het selfs die bros buitekors ook nageboots, net soos gewone gebraaide hoender. Sommige mense is nuuskierig en dit wil probeer; ander sê daar is geen kans dat hulle dit ooit sal eet nie. Want al lyk dit ongelooflik, is daar net iets effens vreemd daaraan om hoender te eet wat soos glas lyk.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.