On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kuberkrakers kan dalk jou vingerafdrukke steel!

───   16:15 Mon, 18 May 2026

Weird Wide Web – Kuberkrakers kan dalk jou vingerafdrukke steel! | News Article

Veiligheidskenners in China sê moderne kameras en gevorderde KI-sagteware is so goed dat hulle moontlik vingerafdrukke van foto’s kan kopieer.

Almal poseer deesdae met twee vingers omhoog vir vrede, oorwinning of wat ook al. Li Chang het op ’n televisieprogram gewys hoe dit werk. Met ’n bekende persoon se selfie as voorbeeld het hy verduidelik hoe vingerafdrukke soms duidelik sigbaar is in foto’s van goeie gehalte. 

Dit is veral “moontlik” in naby skote. 

Hy sê KI-toepassings kan die vingerafdrukke verbeter al is dit net gedeeltelik sigbaar. Dit wat vir die menslike oog onsigbaar is word skielik baie duidelik op die manier. 

Nou voor almal begin handskoene dra vir Instagram-foto’s sê kenners dit is steeds baie moeilik om iemand se vingerafdrukke so te steel.  Faktore soos beligting, gehalte van die beeld en kamerafokus speel ’n groot rol.

Niemand gaan waarskynlik môre jou bankrekening leeg steel deur jou vakansieselfie nie. Dit wys  wel hoe kragtig KI-tegnologie besig is om te raak. Oorweeg dit om eerder jou vingerpunte te vervaag voordat jy foto’s op sosiale media plaas.

Klink of ons nou die tydperk betree waar jy eers jou vingerafdrukke moet redigeer voor jy kan spog met jou selfies. 

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.