On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird WIde Web – Goeie buurvrou help 84-jarige nadat sy sukkel om hulp vir snywond te kry

───   15:45 Mon, 13 Jul 2026

Weird WIde Web – Goeie buurvrou help 84-jarige nadat sy sukkel om hulp vir snywond te kry | News Article

’n Buurvrou wat omgee het eindelik ’n 84-jarige, wat gefrustreerd was omdat sy gesukkel het om mediese hulp te kry vir ’n klein snytjie, gehelp.

Die vrou van Kent in Engeland sê sy was moedeloos nadat sy gesukkel het om hulp te kry vir wat as ’n eenvoudige kombuisongeluk begin het. Pauline Shillito het haar vinger gesny terwyl sy ’n spanspek by die huis gesny het. Hoewel die snywond nie ernstig was nie, het dit aanhou bloei omdat sy bloedverdunnende medikasie gebruik.

Sy het eers haar plaaslike apteek besoek in die hoop dat iemand die wond kon skoonmaak en verbind. Volgens haar is sy meegedeel dat die personeel weens werksbeleide nie bloeiende wonde mag behandel nie, en sy is aangeraai om elders mediese hulp te soek.

Daarna het sy haar plaaslike dokter se spreekkamer besoek, waar glo meegedeel is dat daar daardie dag geen verpleegkundige aan diens was nie. Indien sy dringende mediese hulp benodig, is sy glo aangeraai om die nooddienste te kontak. Ontsteld en onseker het sy huis toe begin stap.

Lees ook: Weird Wide Web - Kunsmatige intelligensie verander vermaaklikheidsbedryf in China

Gelukkig het ’n buurvrou haar langs die pad sien huil en dadelik gehelp. Sy het Pauline se wond skoongemaak, ’n pleister opgeplak en die bloeding onder beheer gekry. Pauline sê sy is ongelooflik dankbaar vir haar buurvrou se hulp en kon nie glo dat ’n eenvoudige snywond so moeilik was om behandel te kry nie.

Lees ook: Weird Wide Web - Man ‘masseer’ oë, veroorsaak ernstige skade

Die mediese praktyk het intussen gesê hulle kan nie kommentaar lewer op individuele gevalle nie weens pasiëntvertroulikheid, maar beklemtoon dat pasiënte altyd na die mees geskikte gesondheidsdiens verwys word op grond van hul mediese behoeftes.

Die voorval het op sosiale media heelwat gesprekke ontlok oor toegang tot basiese gesondheidsorg – én oor hoe waardevol goeie bure steeds kan wees.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.