On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – ’n 26-jaar oue fout eindelik onthul!

───   15:00 Mon, 07 Sep 2026

Weird Wide Web – ’n 26-jaar oue fout eindelik onthul! | News Article

’n Vrou genaamd Cara het op 26-jarige ouderdom ontdek haar naam was die gevolg van ’n verpleegster wat haar ouers verkeerd verstaan het.

Dink net, jy ontdek op die ouderdom van 26 dat jou naam eintlik die gevolg van ’n misverstand was.  Dit is presies wat met ’n vrou gebeur het wat haar interessante storie op Reddit gedeel het.

Cara sê haar ouers het hul keuses vir haar naam tot Claire en Clara beperk, maar hulle kon eenvoudig nie besluit nie – selfs nadat hul dogtertjie gebore is. Toe kom ’n verpleegster glo tot hul redding.

Of versaf toe per abuis ’n splinternuwe naam!

Volgens Cara het die verpleegster “Cara” op die klein witbordjie langs haar ma se hospitaalbed geskryf, nadat sy glo haar pa verkeerd verstaan het.  Haar ouers het na die naam gekyk, na mekaar gekyk … en besluit dat die verpleegster die probleem vir hulle opgelos het.

In plaas daarvan om die fout reg te stel, het hulle besluit om by Cara te hou. En net daar het ’n naam wat as ’n eenvoudige misverstand begin het, eindelik op haar amptelike dokumente beland.

Lees ook: Weird Wide Web – Kan ’n nuwe room oormatige sweet iets van die verlede maak?

Maar die beste deel van die storie?

Cara het eers op 26 uitgevind hoe sy eintlik aan haar naam gekom het. Haar ma het eendag terloops na die beroemde “Claire-Clara-dispuut” verwys – en was glo verbaas dat Cara nog nooit daarvan gehoor het nie. Cara het dit self perfek opgesom: Haar sorgvuldig gekose naam was eintlik maar net “ ’n tikfout met diplomatieke immuniteit”.

Nadat sy haar storie gedeel het, het ander Reddit-gebruikers ook met hul vreemde naamstories vorendag gekom. Een paartjie kon nie besluit tussen Benjamin en Emmett nie – en het toe die twee name gekombineer om hul seun Bennett te noem.

’n Ander vrou vertel dat haar klein nefie as ’n kleuter “Aunt Amanda” verkeerd verstaan het en haar “Aunt Banana” genoem het. Die bynaam het só vasgesteek dat sy nou grappenderwys sê sy gaan eendag, wanneer sy ’n ouma is, “Grand Banana” wees.

En dan was daar die ma wie se seun se geboortesertifikaat glo ’n hakie in sy voornaam gekry het – sodat Jonathan iets soos “Jona]than” geword het. Sy moes toe deur die amptelike proses gaan om die fout reg te stel voordat hy met kleuterskool begin het.

So, daar het jy dit: Soms word ’n naam ná maande se versigtige oorweging gekies. En soms hoor ’n verpleegster iets verkeerd!

Maar, Cara klink heel tevrede dat niemand ooit die “tikfout” reggestel het nie.

Lees meer sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.