Offbeat
Weird Wide Web – Bont hemp verwar kunsmatige intelligensie─── 16:51 Mon, 07 Sep 2026
Hemde van Hawaii lyk gewoonlik vreemd as dit nie op die strand gedra word nie. Hierdie spesifieke hemp is vir een enkele doel geskep, naamlik om kunsmatige intelligensie KI) te verwar.
Met die eerste oogopslag lyk dit asof iemand elke moontlike kleur en vreemde patroon op ’n Hawaii-hemp gegooi en toe besluit het: “Ja, dis reg so.” Daar is eintlik ernstige tegnologie agter die sogenaamde waansin.
Simon Weckert, kunstenaar en navorser, het die hemp ontwerp en wou vasstel hoe KI mense op sekere stelsels herken.
Dit is interessant dat KI nie mense dieselfde sien as wat ons doen nie. Dit het patrone uit miljoene beelde aangeleer en soek onder meer na dinge soos rande, kontras, teksture, liggaamsvorme en die buitelyn van ’n menslike figuur.
Weckert het besluit om die probleem anders aan te pak. As KI mense herken deur na sekere visuele patrone te kyk wat gebeur as jy vir die KI patrone gee wat sy idee van hoe ’n mens behoort te lyk, deurmekaar krap?
Lees ook: Weird Wide Web – Chinese akteur praat oor meer as 60 soentonele
Digital Camouflage is ontwikkel en basies is die ontwerp oor en oor aan ’n KI-opsporingstelsel gewys. Die stelsel het aangedui hoe seker dit was dat dit ’n mens opgespoor het. Die patroon is dan aangepas en weer getoets.
KI is gebruik om klere te ontwerp wat KI moet verwar. Dis kunsmatige intelligensie teen kunsmatige intelligensie, terwyl die mens die Hawaii-hemp dra.
Vir ons laat die hemp die persoon uitstaan soos ’n neonbord. Maar in die KI-stelsels wat Weckert getoets het, kan die vreemde kombinasie van kleure en patrone dit baie moeiliker maak vir die stelsel om die persoon as ’n mens te identifiseer.
Miskien is dit die toekoms van privaatheid. Jy stap by jou huis uit in iets wat jou bure laat dink jy het heeltemal die kluts kwytgeraak. Die sekuriteitskamera dink jy is bloot ’n baie verwarrende hoop pixels.
En skielik het dit ’n hele nuwe doel om modieus, of ongelooflik onmodieus, te wees.
Lees meer dg
