On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Other News

18 April Middag Sport

───   16:15 Mon, 18 Apr 2011

18 April Middag Sport | News Article

In die Sportnuus
Die afrigter van die Toyota Cheetahs, Naka Drotske, was nodeloos om te se, nie ‘n baie gelukkige man na Saterdag se wedstryd wat die Cheetahs met 47-50 teen die Hurricanes in Bloemfontein verloor het nie. Dit is die sesde wedstryd wat die sentrale bedryfsreg met ‘n bonuspunt verloor, en die grootste kwelpunt vir die afrigtingspan is steeds die eerste duikslae wat verbrou word………
Commitment
Hy se dat die oplossing nie altyd eenvoudig is nie, maar die span sal moet leer om te konsentreer, en se ook dat die onervarendheid van die span duidelik begin toon……..
Konsentreer
‘n SANZAR Dissiplinere verhoor het bevind dat Lions flank Micheal Rhodes nie skuldig aan vuilspel was gedurende ‘n insident gedurende Saterdag se Super Rugby wedstryd teen die Stormers in Johannesburg nie. Rhodes is uitgewys vir ‘n gevaarlike duikslag op Stormers heelagter Conrad Jantjes. Na beeldmateriaal, wat nie uitgesaai is nie, na gegaan is, het Peter Ingwersen beslis dat die speler se aksies nie moetswillig of gevaarlik was nie. Die aanklag teen Rhodes is laat vaar.
Die reën het die Soweto Ope weer in die wiele gery. In die mans-enkelspel het die Suid-Afrikaner, Izak van der Merwe voorgeloop teen sy landgenoot Rik de Voest met 6/7, 7/5 en 3-2 volgens afslaan. Ná 'n onderbreking van meer as twee uur het Van der Merwe die laaste stel met 6/3 ingepalm. Rusland se Valeria Sawinykh het vroeër die vroue-enkelspel gewen met 'n oorwinning oor Petra Cetkovska van die Tsjeggiese Republiek. Die telling was 6/1 en 6/3.
Orlando Pirates het die boonste plek in die ABSA premierliga herower. Hulle het gistermiddag by die Royal Bafokeng-stadium met Platinum Stars afgereken. Die telling was 2-1. In die Vrystaat het Bloemfontein Celtic Free State Stars met een-nul geklop in 'n wedstryd by die Seisa Ramabodu-stadium. Kaizer Chiefs het in die Peter Mokaba-stadion met twee-nul teen Mpumalanga Black Aces gewen.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.