Be safe and entertained in the company of OFM during lockdown
17:13 Mon, 30 Mar 2020
Be safe and entertained in the company of OFM during lockdown | News Article
Bloemfontein – OFM brings you even more of the sound of your life during this lockdown period, supporting South African musicians by committing to play more local music

to ensure that royalties don’t disappear along with gigs due to Covid-19 restrictions.

“We realise that the lockdown gives radio the opportunity to be as ‘South African’ as we can be. Through shared solidarity, OFM does this through the music we play. In context, our ethos of ‘Living The Real Good Life’ speaks to being as ‘Central South African’ as we can be and by playing the music South Africans love. We take pride in who we are as a nation and love to showcase our country’s amazing talent as often as is possible, for example as we already do during the SA Music Hour, Monday to Thursdays at 22:00, and in Sound Check, Thursdays at 15:30,” says Tim Thabethe, OFM Programme Manager.

Aside from playing the best local tunes, listeners can also request their favourites during five dedicated time slots: weekdays at 10:00, 12:00, 14:00 and 20:00, and on weekends during the All Request show on Sundays for 16:00 to 19:00.

As part of OFM’s new programme offering launching in April 2020, The Real Good Weekend sees The Central SA Top 30, moving to Saturday morning from 09:00 to 12:00, bringing you the best motivation to get up and get those household chores done with a spring in your step.

Saturday afternoon is definitely time to braai or get that potjie going with OFM Decades taking you back to the best of the 90s and 00s, just enough to get you going for That Absolute Retro Radio Show, playing the best from the 60s, 70s and 80s, presented by radio legend, Tony Blewitt.

Not forgetting the young and young at heart, the Boombox, Fridays from 21:00, and Supermix, Saturdays from 20:00, is your living room dance party.

For those Afrikaans music lovers wanting to take a break from all the news and information that may be overwhelming at times, there is a music-only solution. Stasie2 streams all the best Afrikaans hits online, twenty-four hours a day, seven days a week.

Get access all of these amazing music offerings through your home or car radio, online at ofm.co.za and through our free mobile and desktop apps. Go to www.ofm.co.za or tune in to OFM for more. 

ENDS 

For more info, please contact Lindiwe Mtwentula on 051 5050 900, 082 416 1665, or lindiwe@ofm.co.za.


WEES VEILIG EN VERMAAK IN DIE GESELSKAP VAN OFM TYDENS INPERKING

Bloemfontein – OFM bring jou selfs meer van die klank van jou lewe tydens die inperkingstydperk deur veral Suid-Afrikaanse kunstenaars te ondersteun.  OFM onderneem om meer plaaslike musiek te speel sodat tantieme nie ook soos lewendige vertonings weens Covid-19-beperkings verdwyn nie.

“Ons besef dat inperking aan radio die geleentheid bied om so ‘Suid-Afrikaans’ as moontlik te wees. In die gees van solidariteit kan OFM dit doen deur die musiek wat ons speel. Binne die konteks van ons etos ‘Lewe Voluit’ beteken dit om so ‘Sentraal Suid-Afrikaans’ as moontlik te wees en daarom die musiek te speel waarvan Suid-Afrikaners hou. Ons is trots op wie ons is as ’n nasie en ons wil graag ons land se ongelooflike talent so dikwels moontlik tentoonstel, soos wat ons reeds doen in die SA Music Hour, Maandae tot Donderdae om 22:00, en in Sound Check, Donderdae om 15:30,” sê Tim Thabethe, OFM se Programbestuurder.

Behalwe die beste plaaslike musiek, kan luisteraars ook hulle gunsteling deuntjies versoek in vyf vasgestelde tydgleuwe: weeksdae om 10:00, 12:00, 14:00 en 20:00 en naweke tydens die All Request Show, Sondae vanaf 16:00 tot 19:00.

As deel van OFM se nuwe program-aanbieding wat in April 2020 in werking tree, sal The Central SA Top 30 voorts na die Saterdagoggend-program, The Real Good Weekend, van 09:00 tot 12:00 skuif. Daar is geen beter motivering om al daardie huishoudelike takies met ‘n huppel in jou stap af te handel nie!

Saterdaemiddae is die beste tyd vir ’n braai of ’n potjie in die geselskap van OFM Decades, vir die beste musiek van die 90’s en 00’s. Dit behoort jou in die regte luim vir That Absolute Retro Radio Show te kry wat die musiek van die 60’s, 70’s en 80’s vier en wat deur radiolegende, Tony Blewitt, aangebied word.

Vir die jonges, en dié wat jonk van gees is, is The Boombox, Vrydae vanaf 21:00 en Supermix, Saterdae vanaf 20:00 jou eie woonkamer-danspartytjie.

Vir Afrikaanse luisteraars wat ’n ruskans van al die soms oorweldigende nuus en inligting wil hê, is daar die opsie van Stasie2, wat die beste Afrikaanse musiek vier-en-twintig uur 'n dag, sewe dae ’n week stroom.

Al hierdie ongelooflike musiekaanbiedings is beskikbaar op jou huis- of motorradio, aanlyn by ofm.co.za en deur OFM se gratis slimfoon-, tablet- en rekenaartoepassings.

Gaan na www.ofm.co.za of luister na OFM vir meer inligting. 

EINDE 

Vir meer inligting, skakel asseblief vir Lindiwe Mtwentula by 051 5050 900, 082 416 1665 of lindiwe@ofm.co.za


Related Articles:


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more