On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Rugby

Vrystaat 22 Leeus 18 (80min)

───   14:20 Sat, 28 Jun 2008

Vrystaat 22 Leeus 18 (80min) | News Article

Hendrik Cronjé

Bloemfontein. - Die Absa-Curriebeker-rugbywedstryd tussen die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs en die Leeus hier op Vodacompark is afgehandel met die tuisspan wat 22-18 geseëvier het.

Toestande was uitstekend vir rugby. Die Bok-senter van die Leeus, Jaco Pretorius, het die wedstryd misgeloop. Jannie Boshoff het hom vervang.

0 - 20 MINUTE: Die tydperk was nie so indrukwekkend nie.

Albei spanne maak foute. Chris Rossouw, losskakel van die Cheetahs, se drie is 'n juweel. Hy kan 'n groot staatmaker word. Aan die Leeu-kant skrum Heinke van der Merwe (loskopstut) 'n barshou.

Die spanne voel-voel mekaar net op die oomblik.

Beste speler in die tydperk: Heinke van der Merwe (stut, Leeus)

20 - 40 MINUTE (16-12 VS):  Die agttal van die Leeus vaar tans beter as die gasheer s'n. Die besoekers se lynstaanspel is veral goed.

Albei spanne gee die bal lug en Rossouw is die generaal. Neil Powell (skrumskakel) neem tans goeie besluite. Dit is 'n groot terugslag dat Bevin Fortuin (heelagter) se aangee vorentoe aan Jongi Nokwe (vleuel) was.

Enige span kan nog die wedstryd wen. Hendro Scholtz, flank en kaptein van die tuisspan, lei sy span deur voorbeeld.

Beste speler in die tydperk: Chris Rossouw (losskakel, Cheetahs).

40 - 60 MINUTE (19-15 VS): Hendro Scholtz is tans die voorste voorspeler op die veld. Die Leeus beindruk steeds in die vaste fasette. Heinke van der Merwe plaas die Vrystaters onder groot druk in die skrums.

Powell se lakwerk beindruk en hy het 'n baie goeie werkverrigting.

Beste speler in die tydperk: Hendro Scholtz (flank, kaptein, Cheetahs)  

60 - 80 MINUTE (22-18 VS): Heinrich Brussow, flank van Vrystaat, was uitmuntend by die afbreekpunte en beklink in die tydperk 'n sege in sy tweestryd teen Cobus Grobbelaar, flank en kaptein van die Leeus.

Hy, Scholtz en Schalk van der Merwe (agtsteman) beklink die sege met uitstekende spel by die afbreekpunte.

Christie du Preez (skeidsregter) neem 'n aantal onbestendige besluite.

Beste speler in die tydperk: Heinrich Brussow (flank, Cheetahs).  

Speler van die wedstryd: Chris Rossouw en die lostrio van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs.

Leeu-speler van die wedstryd: Heinke van der Merwe (stut).

Vrystaat-speler van die wedstryd: Chris Rossouw en die lostrio van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs.

 

 

 

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.