On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Rugby

VS-kontrakteringsproses byna afgehandel

───   08:18 Mon, 04 Aug 2008

VS-kontrakteringsproses byna afgehandel | News Article
Hendrik Cronjé
 
Bloemfontein. - Die kontrakteringsproses van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs is na die kontraktering van Kabamba Floors (Bok-flank, 2011) en Hendro Scholtz (Bok-flank, 2010) byna afgehandel.
"Ek het so 90% gevorder met my kontrakteringsproses," sê Naka Drotské , afrigter van die Cheetahs.
"Daar is nog so een of twee posisies wat ek wil versterk. Ek hoop om my kontrakteringsproses vir volgende jaar se Super 14-reeks so binne die volgende twee of drie weke te voltooi," sê die Vrystaat-afrigter.
Drotské sê Floors en Scholtz se ervaring het swaar geweeg toe hy aan hulle kontrakte aangebied het. "'n Mens het uit die verlede geleer dat jy ervaring in die Super 14 benodig. Dit is waarom ons 'n speler soos die Bok-losskakel, Chris Rossouw, hierheen gelok het."
Nog 'n ervare speler, die veelsydige voorspeler Nico Breedt, het hom juis vandeesweek in die Rosestad na 'n besoek aan Italië en Frankryk aangemeld.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.