On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Griekwas verander aan span vir Luiperds

───   08:57 Wed, 15 Jul 2009

Griekwas verander aan span vir Luiperds | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. - Die GWK Griekwas sal graag Saterdag hul segetog in vanjaar se Curriebeker-reeks wil voortsit wanneer hulle op Absa Park in Kimberley teen die Platinum Luiperds te staan kom. Hulle het verlede week die Vrystaat Cheetahs geklop en vir groot opskudding gesorg toe hulle die eerste keer in 13 jaar hul bure geklop het en het dit verdien.

Die staatmaker agtsteman Heinrich Stride is weens 'n dyspierbesering nie vir Saterdag se stryd oorweeg nie en word deur die ewe opwindende Sean Plaatjies vervang. Die voorry wat verlede week teen die Vrystaat gespeel het, word heeltemal vervang. Albertus Buckle, Andries Kruger en Bees Roux vervang Steph Roberts, Ryno Barnes en Ruaan du Preez.

Griekwas het verlede week gewys hulle kan vanjaar 'n krag wees in die Premierliga van die Curriebeker-reeks, maar dit sal verkeerd wees om hulle na een wedstryd heuning om die mond te smeer. Hulle het uitstekende rugby teen die Vrystaat gespeel, maar die Curriebeker word beslis nie in Julie gewen nie.

Die afrigter van die Griekwas, Dawie Theron, was juis voor verlede week se wedstryd versigtig en wou nie veel oor die kompetisie praat nie, maar hy is salig bewus dat 2009 'n harde seisoen gaan wees. Sy span het hulself net 'n guns gedoen deur goed te begin, hulle is per slot van sake die Vodacomberker-kampioen, nie dat dit veel beteken in die Curriebeker-kompetsie nie.

Griekwas behoort gevolglik geen probleem te he om die Luiperds in Kimberley te klop nie, maar hulle is bewus daarvan dat die Luiperds met 12 punte (28-16) teen die Boland Kavaliers verloor het in hul eerste Premierliga Curriebeker-uitstappie.

Die Griekwa-span is: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Wilmaure Louw, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Sean Plaatjies, Davon Raubenheimer, Jonathan Mokuena (k), Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Bees Roux, Andries Kruger, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Steph Roberts, Nolan Clarke, Rohan Kitshoff, Jaco Bekker, Dewald Pretorius, Gavin Passens.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.