Rugby
Curriebeker-reeks: week sewe se spanne─── 12:18 Thu, 20 Aug 2009

Owen Kock
Bloemfontein. – Dis week sewe van die Curriebeker-reeks, en die laaste wedstryde in die eerste helfte van die kompetisie word die naweek gespeel.
Bo aan die puntelys is die span uit die Diamantstad, die GWK Griekwas met 24 punte. Hulle het hul eerste vyf wedstryde agtereenvolgens gewen en het op omstrede wyse teen die Blou Bulle verloor toe hulle twee geelkaarte binne vyf minute gekry het en hulle die wedstryd met 13 spelers moes klaarmaak. Dit het die Bulle die geleentheid gegee om die wedstryd twee minute voor die einde in hul guns te beklink. Griekwas was die beter span op die dag en die Bulle kan hulle gelukkig ag dat hulle gewen het.
In die tweede plek is die Durban-span, die Sharks, wat kort op Griekwas se hakke is met 22 punte. Hulle speel juis Saterdag teen mekaar in Durban om te bepaal wie sal die eerste helfte van die reeks as voorloper afsluit. Net soos die Poubloues het die Sharks ook vyf van hul ses wedstryde gewen. Hulle het net teen WP verloor en is die verdedigende Curriebeker-kampioen. Hulle behoort beter rekenskap van hulself in die tweede helfte van die kompetisie te gee.
Die Streeptruie, WP, le in die derde plek met 20 punte en hul wedstryd Saterdag teen die Lions op Nuweland in Kaapstad, behoort vir hulle ‘n formaliteit te wees, maar die Leeus moet glad nie gering geskat word nie. WP het vier van hul ses wedstryde gewen terwyl die Lions slegs drie kon wen, maar geskiedenis het gewys dat elke span net so goed soos sy laaste wedstryd is, so harde rugby is op die spyskaart vir die Nuweland-ondersteuners.
Die Blou Bulle het 19 punte verdien uit die vier van hgul ses wedstryde wat hulle gewen het, en het die seisoen nog nie werklik beindruk nie. Hulle het teen Griekwas gesukkel en die fluitjie het hulle baie gehelp, maar hulle is ook een van daardie spanne wat nooit onderskat moet word nie. Hulle sal in alle waarskynlik beter vertoon in die tweede helfte van die reeks met die terugkeer van hul Springbokke.
Die Lions het ‘n knou weg nog voor die seisoen begin het met die afdanking van hul afrigter Eugene Eloff. Die Leeus is nie werklik’n aanspraakmaker op die Curriebeker nie, maar dit is nog vroeg in die reeks en enigiets is moontlik, maar dan sal hulle al hul wedstryde met bonuspunte moet wen as hulle hul stem wil dikmaak.
Die Vrystaat het op hul beurt, hulself deur die voet geskiet deur hul eerste vier wedstryde agtereenvolgens te verloor. Hulle het teen die verwagting hul eerste wedstryd van die reeks teen die Blou Bulle op Vodacom Park in Bloemfontein gewen en daarna die Luiperds in Potchesftroom verneder toe hulle 71-17 gewen het. Hulle in die wedstryd nie minder as 11 driee gedruk nie, die laaste daarvan in die laaste minuut van die kragmeting. Hul wedstryd Saterdag teen die Boland Kavaliers sal in ‘n mate bepalend wees, wat van hulle in die tweede helfte van die kompetisie verwag word. Hulle sal die wedstryd met 5 punte moet wen en daarby sal hulle ook baie punte op die telbord wil sit as hulle enigsins nog die uitspeelrondes van die reeks wil haal.
Wat die Bolandse Wynboere betref, het hulle die week maar gesukkel om span te kies. Dit was hulle beurt om griep te sukkel, net soos van die ander spanne die laaste tyd maar ook deurgeoop het. Hulle is miskien nie in staat om die wedstryd teen die Vrystaat Saterdag te wen nie, maar hulle het die Vrystaat verlede jaar goed in toom gehou hier in die Rosestad. Vrystaat het die wedstryd 50-40 gewen, so hulle Saterdag se wedstryd en ‘n oorwinning beslis nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Boland beklee die sewende plek op die puntelys met 5 punte en dit lyk of hulle seisoen ‘n lange gaan wees.
Die nuweling in die Premierliga is die Platinum Luiperds, en vir hulle was die reeks tot dusver een aaklige nagmerrie, want hulle kon nog nie een van hul ses wedstryde wen nie, en dit lyk of hulle diue eerste helfte van die kompetsie sonder ‘n punt sal afsluit. Hulle speel moreaand teen die Bulle op Loftus en die kanse dat hulle daar ‘n wen sal behaal is maar skraal. Die Bulle is sonder hul Springbokke, maar hulle bly ‘n gedugte span en die Luiperds sal nou moet kleer dat daar nie weer 70 punte teen hulle aangeteken word nie. Hulle seisoen is vir verskeie redes reeds iets van die verlede in terme van waar hulle kan eindig op die puntelys, maar ook hulle behoort in die tweede helfte van die reeks baie beter rugby te speel.
Die spanne vir die naweek se Curriebeker-wedstryde is gekies en lyk soos volg: :
Die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Platinum Luiperds op Loftus in Pretoria:
Bulle: Zane Kirchner; Akona Ndungane, Stephan Dippenaar, Jaco Pretorius, Gerhard van den Heever; Burton Francis, Francois Hougaard; Dewald Potgieter (k), Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Fudge Mabeta, Frik Kirsten, Bandise Maku, Dean Greyling. Plaasvervangers: Derick Kuün, Werner Kruger, Wilhelm Steenkamp, Jacques Burger, Heini Adams, Francois Brummer, Stefan Watermeyer.
Luiperds: Russell Jeacocks; Jovan Bowles, Deon van Rensburg, Basil de Doncker, Danie Dames; Clayton Durand/Cecil Dumond, Theo van Wyk; RW Kember, Thabo Mamojele, André Swanepoel (k), Draad Linde, Anthonie Gronum, Os van der Walt, Gavin Williamson, Divan Kotze. PLaasvervangers: Pellow van der Westhuizen, Philip Lemmer, Ligtoring Landman, Christo van Niekerk, Michael Bondesio, Clayton Durand/Cecil Dumond, Bom Samaai.
Die wedstryd tussen die Vodacom Vrystaat Cheetahs en die Boland Kavalaiers op Vodacom Park in Bloemfontein:
Vrystaat: Hennie Daniller, Danwel Demas, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Jongi Nokwe, Jacques-Louis Potgieter, JP Joubert, Kabamba Floors, Frans Viljoen, Johan Wessels, David de Villiers, Nico Breedt, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. Plaasvervangers: Ashley Johnson, Wian du Preez, Izak van der Westhuizen, Chris Dry, Tertuis Carse, Louis Strydom, Corné Uys.
Boland: Justin Peach; Deon Scholtz, Cornal Hendricks, Ernie Kruger, Luvo Sogidashe, Elgar WattsDanie van der Merwe; Carel Hoffman, Wendal Wehr, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis (k), Janro van Niekerk. Plaasvervangers: Harry Vermaas, Jane du Toit, Johan Roets, Frikkie Spies, Denzil Willemse, Mark Harris, Llewellyn Adonis.
Die wedstryd tussen die Sharks en die GWK Griekwas in die Absa Stadion in Durban:
Sharks: Nog nie beskikbaar.
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius; Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Johan Kitshoff, Jacques Lombaard, Cecil Kemp, Ruaan du Preez, Ryno Barnes, Albertus Buckle. Plaasvevangers: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride/Nolan Clarke, Sean Plaatjies, Dougie Helmuth, Trompie Nontshinga, Gavin Passens.
Die wedstryd tussen die Westelike Provinsie en die Xerox Lions op Nuweland in Kaapstad:
WP: Joe Pietersen; Tonderai Chavhanga, Juan De Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage; Luke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton Van Zyl, Adriaan Fondse, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. Plaasvervangers: Deon Fourie, JD Moller, Chris Jack, Pieter Louw, Conrad Hoffmann, Frikkie Welsh, JJ Engelbrecht.
Lions: Earl Rose; Dusty Noble, Alwyn Hollenbach, Doppies La Grange, Henno Mentz, Herkie Kruger, Jano Vermaak; Todd Clever, Franco Van der Merwe, Derick Minnie, Willem Stoltz, Nico Luus, Gert Muller, Hans Van Dyk, JC Janse van Rensburg. Plaasvervangers: Derek Harwood, Kevin Buys, Johan Snyman, Johan Van Deventer, Chris Jonck, Ruan Boshoff, Pieter Engelbrecht.