Rugby
Atter lei Vodacom Vrystaat Cheetahs teen Blou Bulle─── 10:09 Wed, 28 Oct 2009

Owen Kock
Bloemfontein. - Atter, oftewel Adriaan Strauss is terug om die Vodacom Vrystaat Cheetahs aan te voer in die Curriebeker-eindstryd teen die Blou Bulle op Lotfus in Pretoria Saterdag.
Die haker het vinniger as wat verwag van 'n gebreekte regterduim herstel en dis net wat die Vrystaat nodig gehad het voor die belangrikste wedstryd van die 2009 Curriebeker-seisoen. Strauss vervang Nico Breedt as kaptein, en gevolglik skuif sy neef Richardt Strauss na die plaasvervangerbank.
Die Springbok-flank Hendro Scholtz en die Springbok-vleuel Jonghi Nokwe, het egter nie die span gehaal nie. Denwel Demas is bo Nokwe gekies en Kababmba Floors bo Scholtz, om onderskeidelik plek te maak vir Fabian Juries op die plaasvervangerbank, terwyl Ashley Johnson op agtsteman sal begin.
Die rekord tussen die twee spanne (Blou Bulle/Noord-Transvaal en die Vrystaat/Cheetahs) in eindstryde lyk soos volg:
1973: Noord-Transvaal wen 30-22 in Pretoria
1975: Noord-Transvaal wen 12-6 in Bloemfontein
1977: Noord-Transvaal wen 27-12 in Pretoria
1978: Noord-Transvaal wen 13-9 in Bloemfontein
1981: Noord-Transvaal wen 23-6 in Pretoria
2004: Blou Bulle wen 42-33 in Pretoria
2005: Vrystaat wen 29-25 in Pretoria
2006: Vrystaat en die Blou Bulle speel 28-28 gelykop in Bloemfontein.
Vrystaat: Hennie Daniller, Lionel Mapoe, Corne Uys, Meyer Bosman, Danwel Demas, Jacques-Louis Potgieter, JP Joubert, Ashely Johnson, Frans Viljoen, Heinrich Brussow, David de Villiers, Nico Breedt, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Wian du Preez. Plaasvervangers: Richard Strauss, Coenie Oosthuizen, Izak van der Westhuizen, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Louis Strydom, Fabian Juries.
Bulle: Zane Kirchner; Francois Hougaard, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Bryan Habana; Morné Steyn, Fourie du Preez; Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (kaptein), Bakkies Botha, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp. Plaasvervangers: Bandise Maku, Rossouw de Klerk, Danie Rossouw, Pedrie Wannenburg, Heini Adams, Burton Francis, Gerhard van den Heever.