On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Rugby

Vrystaat en Griffons kies 24 spelers vir Vrydag se wedstryd

───   11:27 Wed, 10 Feb 2010

Vrystaat en Griffons kies 24 spelers vir Vrydag se wedstryd | News Article

Owen Kock

Bloemfontein. - Die Vodacom Vrystaat en die Griffons het elk groepe van 24 spelers gekies vir hul vriendskaplike wedstryd Vrydag, voor die begin van die Super 14-wedstryd tussen die Cheetahs en die Bulls.

Op losskakel vir die Vrystaat draf Louis Strydom uit, terwyl die Springbok Kambamba Floors ook in die begin span is, met Tertuis Carse wat diens op senter doen saam met Barry Goodes. Laasgenoemde het verlede jaar sy rugby by die Lions gespeel.

Die Vrystaats se nuutste aanwins, Skipper Baderhorst is ook in die beginspan van die Vodacombeker-span, terwyl een van die getrouste diensknegte van Vrystaat rugby, Eddie Fredericks op die plaasvervangerbank van die Griffons gekies is.

Dit is steeds deel van die ruil ooreenkoms tussen die sentrale unies, en spelers wat verlede jaar vir die Griffons gespeel het, is later opgeroep vir diens in die Curriebeker-reeks.

Die Griffons is nou wel ‘n jong span, maar hulle in die kontak-sessies teen die Vodacom Cheetahs gewys dat hulle vir niks terugstaan nie, en na die Vrystaat se verloor teen Griekwas die naweek in Douglas, sal hulle hul storie moet ken die Perses. Die wedstryd begin om 16h45.

Vrystaat: Riaan Brits, Alec Mhlanga, Tertius Carse, Barry Goodes (k), Slang Sibanda, Louis Strydom, Gerrie Odendaal, Kabamba Floors, Piet Gouws, Dirk Wessels, Izak van der Westhuizen, Rudi Matthee, Trevor Ntyanke, Skipper Badenhorst, Jean Botha. Plaasvervangers: Frank Herne, Kobus Calldo, Riaan Vermeulen, Phlip Steyn, JC Astle, Piet van Zyl, Franna du Toit, Egon Gysman, Zandre de Bruin.

Griffons: Tertius Maarman, Virgil Russel, Werner Griesel, Thabang Molefe, Darryl Coeries, Tiaan van Wyk, Enrico Schultz, Nicky Steyn (k), Shaun Botha, Johnnie Fourie, Marnus Briedenhann, Windpomp van Rooyen, Sewes Oosthuizen, Derrick van Heerden, Kevin Stevens. Plaasvervangers: Graham Heinecke, Sarel Louw, Gert Greyling, Earl Daniels, Bronwyn Gysman, Andre Vermaak, Eddie Fredericks, Leon Grobbelaar, Glen Mafumu.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.