On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Rugby

Crous maak buiging vir Luiperds

───   08:48 Fri, 16 Apr 2010

Crous maak buiging vir Luiperds | News Article

Annemie Bester

Potchefstroom. - Die Platinum Luiperds het hul beste soldate gekies om die span uit die diepste loopgraaf te veg vir vandag se veldslag in Potchefstroom teen die Pumas. In dié proses begin die flank Danie Crous die eerste keer in ‘n Luiperdtrui en Palm Koch neem weer die kapteinskap oor.

 

Daar is altesaam tien veranderinge aan die span aangebring wat teen die Griekwas skande gemaak het. Die twee nuweling-baljagters, Crous en Victor Joubert is albei in die 22.

 

Agter begin Basil de Doncker (vir Japie Nel), Bom Samaai (vir Dumisani Matyeshana), Cecil Dumont (vir Neil Jacobs) en Michael Bondesio (vir Jean Tiedt). Veral Bondesio se insluiting na sy siekte word verwelkom.

 

Voor is die agtsteman RW Kember terug, begin Danie Crous die eerste keer, begin Gys Briedenhann saam met Ligtoring Landman in die tweede ry, keer Os van der Walt, Gavin Williamson en Divan Kotze terug.

 

Met ‘n verwagte skrumaanslag deur die Pumas begin die Luiperds se grootste voorry en veral Williamson en Kotzé sal ‘n groot verskil aan die skrumkrag maak.

 

Briedenhann vervang Anthonie Gronum en die oud-Griffon verdien die geleentheid. Joubert, wat hom van die Arende by die Luiperds aangesluit het, is die eerste keer op die bank.

 

Die kaptein en agtsteman Riaan Swanepoel is siek, maar Kember kon ook nie langer uit die span gelaat word nie. Hy gee aan die span momentum en vat hulle vorentoe.

 

Die wedstryd is Vrydagaandom 18:30.

 

Luiperds: Russell Jeacocks; Deon Scholtz, Jovan Bowles, Basil de Doncker, Bom Samaai; Cecil Dumont, Michael Bondesio; RW Kember, Palm Koch (kapt), Danie Crous, Ligtoring Landman, Gys Briedenhann, Os van der Walt, Gavin Williamson, Divan Kotze. Plaasvervangers: Pellow van der Westhuizen, Philip Lemmer, Anthonie Gronum, Victor Joubert, Theo van Wyk, Neil Jacobs, Dumisani Matyeshana.

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.