On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Rugby

May Luiperds se nuwe president

───   10:19 Mon, 03 May 2010

May Luiperds se nuwe president | News Article

Annemie Bester

Potchefstroom. - Adv. André May (45) is Donderdagaand as die Luiperds Rugby Unie (LRU) se nuwe President verkies in die plek van mnr. James Stoffberg, wat afstand moes doen van hierdie posisie nadat hy vroeër in die jaar as die nuwe adjunk- president van SA Rugby verkies is.

 Die LRU se adjunk-president, mnr. Arthur Breakfast, het hom Donderdagmiddag aan die verkiesing onttrek en May is onbestrede verkies.

 May is ‘n Noordwester in murg en been wat altesaam 75 eersterangse wedstryde vir die ou Wes-Transvaal gespeel het – ironies genoeg saam met die huidige Hoofbeampte van die LRU, Eugene Hare, wat May se kaptein in daardie jare was. Hulle is in daardie tyd ook deur Stoffberg afgerig.

 “Ek gaan vanaand rustig slaap met die wete dat die Luiperds in goeie hande is. André is ‘n rugbyman wat rugby sal dien. En ek sal hom van raad bedien waar ek kan. Mens kan amper sê die sirkel is voltooi,” was Stoffberg se woorde aan die nuwe president.

 “Dit is vir my ‘n ongelooflike groot eer om die Luiperds te dien en ek sien geweldig uit na hierdie nuwe uitdaging in my lewe. Ek het skaars ses maande gelede gesê ek sal graag eendag betrokke wil raak en nou het dit so vinnig gebeur,” het ‘n opgewonde May gesê.

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.