On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Blou Bulle verloor tweede keer - die keer teen Leeus

───   14:19 Wed, 30 Jun 2010

Blou Bulle verloor tweede keer - die keer teen Leeus | News Article

Owen Kock

Welkom. – Die Blou Bulle het tweede nederlaag van die 2010 Cravenweek toernooi hier gelei toe hulle 23-20 deur die Leeus geklop het. Die Bulle het in hul eerste wedstryd teen die Oostelike Provinsie verloor.

Teen rustyd was die Leeus ‘n kortkop, met 17-13 voor, maar dit was nie maklik om die Bulle se aanslae die een na andedr af te weer nie.

‘n Baie gelykop stryd in die eerste helfte tussen die Gautengers, maar die Leeus was ‘n tikkie beter. Die grootste eer van die wedstryd het egter aan die Blou Bulle se losskekakel Tony Jantjies gegaan, watdie eerste skepdoel van die toernooi deur die pale gejaag het.

Dit was werklik moeilik om ‘n speler in die eerste helfte uit te sonder, want albei spanne het verbete aangeval en besonder goed gelyk.

Vir die Leeus het die slot Ruan Venter, wat as speler van die wedstryd aangewys is, ‘n klipharde wedstryd ghespeel. Dit was veral sy spel by die afbreekpunte wat beindruk het, en daarby was sy skrumwerk ook goed.

Die Bulle het in die laaste 12 minute van die stryd verbete aangeval,maar kon nie daarin slaag om hul goeie veld posisie in punte te omskep nie.

Dit was voorwaar ‘n goeie vertoning deur die Leeus, wat in hul eerste wedstryd behoorlik les opgese het teen Westelike Provinsie.

Puntemakers:

Leeus 23 (17) Driee: Gideon Muller, Fabian Booysen, Doel: Marais Schmidt (2), Straf: Schmidt (3).
Blou Bulle 20 (13) Driee: Rudi van Rooyen, Timothy Nhlapo, Doel: Tony Jantjies (2), Straf: Jantjies, Skep: Jantjies.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.