On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Bokke is fiks

───   08:07 Tue, 17 Aug 2010

Bokke is fiks | News Article

Met die Drienasiekroon binne bereik van die All Blacks, is die Springbokke se fokus nou op die behoud van die Wêreldbeker aanstaande jaar. Die Suid-Afrikaanse Rugby-Unie het nou 'n GPS-stelsel ingestel wat elke fisiese aspek van die spelers sal monitor, insluitende hul werkverrigting op die veld, en die uitwerking daarvan op hulle liggame om seker te maak dat hulle in topkondisie is. Die Springbokke se fiksheidafrigter, Neels Liebel, sê dit sal verhoed dat spelers uitbrand. Hy sê rugbyspelers behoort tussen duisend-400 tot duisend-600 minute per jaar te speel. Intussen het die Springbokke gister begin voorberei vir Saterdag se Drie Nasies-kragmeting teen die All Blacks op die ENB Stadion in Soweto. Zane Kirchner, wat oor die naweek Curriebeker-rugby gespeel het, is aan die Bok-groep onttrek met ‘n knie besering, terwyl zdewald Potgieter ook nie gister geoefen het nie. Daar word verwag dat Potgiter saam met Danie Rossouw en Ryan Kankowski voor Saterdag fiks sal wees. Intussen krap die Bokke se bestuur steeds kop oor die aard van Frans Steyn se besering.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.