Rugby
Dorfling maak CB-buiging vir Luiperds─── 13:50 Wed, 15 Sep 2010

Annemie Bester
Potchefstroom. - Die Luiperds se Onder 21-skrumskakel Tiaan Dorfling maak Vrydag in Kimberley teen Griekwas sy Curriebeker-buiging wanneer hy vir die Platinum Luiperds uitdraf.
Met beserings aan Michael Bondesio en Theo van Wyk was die Luiperds genoodsaak om Dorfling nader te trek, veral aangesien die Luiperds se junior spanne die naweek ‘n loslootjie het. Dorfling was verlede jaar die Puk se Onder 19 Speler van die jaar en is ‘n begaafde speler wat aan Hoërskool Framesby gematrikuleer het. Sy adjudant op die bank is nog ‘n Puk, Charlie King.
Nog ‘n Puk, JC Oberholzer, sal die bank warm hou ingeval Pellow van der Westhuizen onklaar raak. Gavin Williamson word Woensdag verhoor vir sy rooikaart teen die WP.
In die middelveld kry Kempie Rautenbach ook die eerste keer kans in die beginspan en Jovan Bowles verdien ‘n ruskans nadat hy vanjaar nog elke wedstryd begin het. En Walter Venter keer terug na sy kniebesering wat beteken Cecil Dumond skuif af bank toe.
Daarby is die Luiperds sonder hulle Captain Courageous, Palm Koch, wat uitsit weens ‘n lastige liesbesering. Sy plek word deur Christo van Niekerk ingeneem met Victor Joubert wat inskuif op die bank. Os van der Walt begin weer nadat hy verlede week griep gehad het.
Luiperds: Danie Dames; Deon Scholtz, Kempie Rautenbach, Walter Venter, Dumisane Matyeshana; Clayton Durand, Tiaan Dorfling; Riaan Swanepoel (k), RW Kember, Christo van Niekerk, Brad Mockford, Anthonie Gronum, Os van der Walt, Pellow van der Westhuizen, BG Uys. Plaasvervangers: JC Oberholzer, Aranos Coetzee, Draad Linde, Victor Joubert, Charlie King, Cecil Dumond, Jovan Bowles.
Griekwas: Riaan Viljoen; Rocco Jansen, Wilmaure Louw, Barry Geel, Bjorn Basson; Naas Olivier (k), Sarel Pretorius; Burger Schoeman, Justin Downey, Johan van Deventer, Cecil Kemp, MB Lusaseni, Jean Botha, Ryno Barnes, Steph Roberts. Plaasvervangers: Simon Westraadt, Jacobie Adriaanse, Edwin Hewitt, Davon Raubenheimer, Marnus Hugo, Jean Stemmet, Rudi Vogt.