Rugby
Bok-span vir Wallis Toets vandag bekend─── 08:12 Tue, 09 Nov 2010

Owen Kock
Bloemfontein. - Die Springbok-span vir die naweek se Toets teen Wallis, word vandag bekend gemaak en hoewel Jean de Villiers gister se oefening uitgesit het, behoort hy in die beginspan te wees teen die Rooi Drake, wanneer dit vanmiddag 14h30 aangekondig word. Intussen het Frans Steyn goed ingeskakel by die eerste oefening en so ook Willem Alberts, wat weens ‘n besering wat hy in die Curriebeker-eindstryd opgedoen het, verlede week se oefening misgeloop het. Hy was in die 22-tal vir die Toets teen Ierland ingesluit, maar het nie genoegsaam herstel om te kon speel nie. Intussen glo Pierre Spies ‘n suksesvolle Grand Slam toer, kan vergoed vir 'n uiters swak Drienasie Reeks vanjaar.