On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Rugby

Bokke is halftyd gemaklik voor, 25-10

───   17:51 Sat, 16 Jun 2012

Bokke is halftyd gemaklik voor, 25-10 | News Article

Xander Snyders
Die Springbokke kan reeds vandag ‘n reeks sege verseker op Coca Cola Park, Johannesburg, in hul tweede toets teen Engeland nadat hul die eerste toets 22-17 gewen het. Heyneke Meyer het gesê die Bokke sal hul balbesit by die afbreekpunte beter moet beskerm en sal hul geleenthede om punte aan te teken moet gebruik. Die Bokke speel sonder Zane Kirshner en Coenie Oosthuizen wat groot impak op die eerste wedstryd gehad het. Patrick Lambie kry sy kans op heelagter vir die Bokke en hy moet bewys hy verdien sy plêk. Engeland het ook deurgeloop met beserings Barritt (Senter) en Brown (Heelagter) sal nie vandag speel nie.
Droom begin vir die Bokke wat reeds in die vierde minuut gaan druk nadat Engeland die bal in die skrum nie kon beheer nie , vyf meter van hul doellyn, en Willem Alberts(7) die bal opgepik het en gaan druk het, Morne Steyn kon nie die drie verdoel nie met die telling 5-0. Goeie agterlyn spêl en fisiese spel deur die voorspelers van die Bokke het Bismarck du Plessis die geleentheid gehad om in die sewende minuut nog ‘n vyf punter aan te teken , Morne Steyn kon die een verdoel om die telling te vergroot na 12-0.Engeland het hul eerste punte in die negende minuut aangeteken met ‘n strafskop deur Tony Flood(10), telling 12-3.Die Bokke het egter balbesit en gebieds voordeel gedomineer en na verskeie fases en krag lopies het Morne Steyn die telling vergroot met ‘n strafskop, en dit was 15-3 in die vyftiende minuut. Die Bokke het hul momentum behou en na fisieke dryfspel deur die bokke het Francois Hougaard (9) agter die doellyn gaan kuier, Morne steyn het geen fout gemaak met die skop nie om die telling te vergroot na 22-3.Engeland het nie gaan lê nie en Tobie Flood (10) het hul eerste drie gedruk na ‘n vinnige tikskoppie en die Bokke onkant gevang , hy het ook sy drie verdoel met die telling nou 22-10. Haha Morne Steyn is terug en het ‘n goeie veertig meter skêpskop deur die pale gejaag om die Bokke voorsprong te vergroot na 25-10 wat ook die lemoentyd telling was.
Die Bokke was briljant in die eerste helfte en het met indringendheid gespeel, balbesit goed beskerm , balbesit en gebieds voordeel in punte omskep, en verdedig in die gesig van die Engelse. Die Bokke was net te klinies en fisiek vir Engeland in die eerste helfte.
Punte:
Springbokke: Drieë: Willem Alberts(1) Bismarck du Plessis(1) Francois Hougaard(1) Verdoel: Morne Steyn (2)Strafskoppe: Morne Steyn(1)Skêpskop: Morne steyn (1)
Engeland : Drieë: Toby Flood(1)Verdoel: Toby Flood (1) Strafskoppe:Toby Flood
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.