On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Bokkies klop Pumas 35-3, en vir eerste keer in JWC finaal

───   20:59 Sun, 17 Jun 2012

Bokkies klop Pumas 35-3, en vir eerste keer in JWC finaal | News Article

Xander Snyders
Die Bokkies het geskiedenis gemaak om vir die eerste keer deur te dring na die finaal van die Junior Wêreld Kampioenskap deur die Pumas gemaklik 35-3 te klop in die semi finale.Die Bokkies sal in die finaal speel teen die Kiwis wie Wallis in die ander semi finale geklop het.
Die Bokkies het die eerste helfte oorheers met balbesit en gebiedsvoordeel en drie drieë gedruk deur onderskeidelik, Jan Serfontein, Mark Pretorius en Raymond Rhule waarvan twee verdoel is deur Handré Pollard. Die Bokkies het met geduld gespeel, hulle balbesit beskerm en hul geleenthede gebruik om punte aan te teken. Die agtal het kwaliteit balbesit verseker vir die agterlyn vanaf die eerste fases, lynstane en skrums, en ook by die afbreekpunte. Die Pumas kon net nie momentum bou nie en het balbesit onnodig afgestaan en het twee strafskoppe pale toe verbrou om hulle rekening te open.Die halftyd telling was 22-0 vir die Bokkies.
Ligte reen het uitgesak in die tweede helfte maar het nie die Bokkies gekeer om hul momentum te hou nie. Die Pumas het wel die eerste punte aangeteken met ‘n strafskop in die tweede helfte om hul rekening te open in die vier en veertigste minuut. Raymond Rhule , vleuel, het sy tweede drie vir die Bokkies gaan druk in die elfde minuut wat ook verdoel is deur Pollard om dit bykans ontmoontlik te maak vir die Pumas om die wedstryd te wen. Nadat Pollard ‘n strafskop deur die pale gejaag het is hy vervang deur Janjies wat ook op sy beurt ‘n drie punter aangeteken het met vyftien minute speeltyd oor en die telling 35-3 wat ook die eind telling was.
Die Bokkies het as ‘n afgeronde span vertoon en deurgans die wedstryd gedomineer in alle aspekte. Dis moeilik om uitsonderings te maak maar spelers soos Shaun Adendorff, Jan Serfontein , Pieter Stef du Toit , Mark Pretorius saam met Raymond Rhule wat twee drieë gedruk het was uitstekend.
Punte:
Springbokkies : Drieë: Jan Serfontein(1) Mark Pretorius(1) Raymond Rhule(2) Verdoel: Handré Pollard(3)Strafskoppe: Handré Pollard (2) Janjies (1)
Argentenia : Strafskoppe: Sabastian Poet(1)
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.