On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Lambie slaag laat-fiksheidstoets vir Sharks

───   16:45 Thu, 12 Jul 2012

Lambie slaag laat-fiksheidstoets vir Sharks | News Article

Springbokke Pat Lambie en Willem Alberts het laat-fiksheidstoetse geslaag en is in die Sharks se groep ingesluit vir hulle superrugbywedstryd die naweek teen die Toyota Cheetahs in Durban. Lambie vervang Louis Ludick op heelagter, terwyl Alberts die kragmeting op die bank gaan begin. Volgens die Sharks se webblad is losvoorspeler Jacques Botes ook fiks verklaar en is hy as plaasvervanger ingesluit. Jandre Marais sal op slot uitdraf, aangesien Steven Sykes nog nie van sy besering herstel het nie. Daar is ook nog nie duidelikheid of Pieter-Steph du Toit, wat verlede naweek ‘n enkelbesering opgedoen het, betyds gereed gaan wees vir die wedstryd nie.  Toyota Cheetahs-afrigter, Naka Drotske, het vroeer bekendgemaak dat Springboksewesspeler, Boom Prinsloo, Saterdag sy superrugbydebuut vir die sentraal Suid-Afrikaners gaan maak. Wat die beginspan betref is Philip Snyman op vleuel ingesluit in die plek van die beseerde Cameron Jacobs. Die kragmeting tussen die Sharks en die Toyota Cheetahs skop om 17:05 af.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.