Rugby
WP stuur Toyota Vrystaat Cheetahs na Promosie relagasie wedstryd toe─── 08:56 Sun, 14 Oct 2012

WP wen Toyota Vrystaat Cheetahs 36-15 in ABsa Curriebeker wedstryd
Toyota Vrystaat Cheetahs het hul promosie relegasie nagmerrie bewaarheid toe hulle 36-15 verloor het teen WP op Nuweland in die laaste uitspeel wedstryd van die Absa Curriebeker. Die Vrystaters was rustyd reeds 22-3 agter. WP het vyf teenoor die twee drieë van Vrystaat gedruk.
Die bokke se terugkoms het die WP beslis woema gegee, veral in die agtal met Eben Etzebeth en Duane Vermeulen wat goed ingeskakel het met spelers soos Deon Fourie. WP het hul kanse gebruik en die agterlyn met ‘n Jean de Villiers en Bryan Habana het net te veel skiet goed gehad vir die Cheetahs. Nick Groom, WP se jong skrumskakel was uitstekend en het die Cheetahs aan die raai gehou met sy dartel lopies.
Die Blikore het gesukkel om aan die gang te kom en het soos in hul telleurstellende seisoen weereens nie hul geleenthede gebruik nie en die verdediging agterlangs was nie goed genoeg vir ‘n bok belaaide WP span nie. Coenie Oosthuizen , jong bok, was duur op vassskop stut en onnodige strafskoppe afgestaan, Coenie sal weer moet gaan dink, hy is ‘n briljante losskop en ‘n goeie bal draer. Adriaan Strauss en Oosthuizen moes die bal dra om die Cheetahs op die voorvoet te kry en oor die voordeel lyn te kry, daar was egter nie genoeg kwaliteit balbesit en momentum om dit te doen nie. Die Cheetah agterlyn was een dimensioneel en baie voorspelbaar, Rhule het weer uitgeblink en is beslis ‘n toekomstige kandidaat om groen en goud te dra. Bygesê Vrystaat se beserings lys het hulle gekortwiek deur die seisoen.
Die Vrystaters moet komende Vrydag teen OP-Kings speel in Bloemfontein in die eerste van twee promosie relegasie wedstryde om hul lot te bepaal in die Absa Curriebeker. Naka en sy manne gaan moet hard werk deur die week. Die kenners meen egter dat die Cheetahs te sterk is vir die OP-Kings.
Punte: WP 36(22): Drieë: Deon Fourie(2) Jean de Villiers , Andries Bekker , Duane Vermeulen Doelskoppe: Demetri Katrakilis (4)Strafskoppe: CatrakilisDie bokke se terugkoms het die WP beslis woema gegee, veral in die agtal met Eben Etzebeth en Duane Vermeulen wat goed ingeskakel het met spelers soos Deon Fourie. WP het hul kanse gebruik en die agterlyn met ‘n Jean de Villiers en Bryan Habana het net te veel skiet goed gehad vir die Cheetahs. Nick Groom, WP se jong skrumskakel was uitstekend en het die Cheetahs aan die raai gehou met sy dartel lopies.
Die Blikore het gesukkel om aan die gang te kom en het soos in hul telleurstellende seisoen weereens nie hul geleenthede gebruik nie en die verdediging agterlangs was nie goed genoeg vir ‘n bok belaaide WP span nie. Coenie Oosthuizen , jong bok, was duur op vassskop stut en onnodige strafskoppe afgestaan, Coenie sal weer moet gaan dink, hy is ‘n briljante losskop en ‘n goeie bal draer. Adriaan Strauss en Oosthuizen moes die bal dra om die Cheetahs op die voorvoet te kry en oor die voordeel lyn te kry, daar was egter nie genoeg kwaliteit balbesit en momentum om dit te doen nie. Die Cheetah agterlyn was een dimensioneel en baie voorspelbaar, Rhule het weer uitgeblink en is beslis ‘n toekomstige kandidaat om groen en goud te dra. Bygesê Vrystaat se beserings lys het hulle gekortwiek deur die seisoen.
Die Vrystaters moet komende Vrydag teen OP-Kings speel in Bloemfontein in die eerste van twee promosie relegasie wedstryde om hul lot te bepaal in die Absa Curriebeker. Naka en sy manne gaan moet hard werk deur die week. Die kenners meen egter dat die Cheetahs te sterk is vir die OP-Kings.
Toyota Vrystaat-Cheetahs 15 (3): Drieë : Francois Uys , Phillip Snyman Doelskoppe: tewis de Bruin Strafdoele: Sias Ebersohn