On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Ramaphosa stuur Vervoermaand-veldtog op koers

───   08:33 Fri, 04 Oct 2019

Ramaphosa stuur Vervoermaand-veldtog op koers | News Article
President Cyril Ramaphosa/ANA

Oktober is Vervoermaand, en die veldtog word na verwagting amptelik môre deur president Cyril Ramaphosa van stapel gestuur, in samewerking met Fikile Mbalula, minister van vervoer. Hierdie veldtog sal ook die bekendstelling van die opgeknapte Arrive


Die opgeknapte veldtog vir padveiligheid kom ná talle noodlottige ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie nadat dit aan die lig gekom het dat padongelukke die ekonomie jaarliks R166 miljard kos.

Een voorbeeld hiervan is die onlangse tragiese ongeluk wat die lewens van vier familielede, wat drie kinders insluit, van die woordvoerder van die Vrystaatse Wetgewer, Life Mokone, geëis het. Die laaste begrafnisdienste word die naweek gehou.

Ramaphosa en Mbalula sal na verwagting 'n gedenkplaat op die N3-snelweg in Gauteng onthul in ‘n poging om diegene wat hul lewens op die land se paaie verloor het te herdenk. Die gedenkplaat sal ook die nuwe logo van die Arrive Alive-veldtog op hê wat die 365 dae-verkeersveiligheidsaksie ondersteun.

Daar word verwag dat Ramaphosa ondersteuning vanaf senior regeringsamptenare sal ontvang, asook die premier van Gauteng, David Makhura, sowel as verskeie provinsiale LURe.

Die geleentheid vind plaas by die N3-snelweg in Gauteng.

 

OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.