On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum beskikbaar as vennoot in stryd teen Covid-19

───   08:12 Tue, 17 Mar 2020

AfriForum beskikbaar as vennoot in stryd teen Covid-19 | News Article

AfriForum het aangekondig dat dit die inwerkingstelling van praktiese maatreëls ondersteun om die verspreiding van Covid-19 (die koronavirus) te beperk, en homself in dié verband as konstruktiewe rolspeler beskikbaar te stel.


Die burgerregte-organisasie beklemtoon in die brief aan Mkhize dat die organisasie tans meer as 235 000 individuele lede het, waarvan die meerderheid hul onderskeie gesinne verteenwoordig. 

“Dit is belangrik dat stappe gedoen word om die verspreiding van dié virus te beperk, maar dit is ook belangrik dat daar nie onnodige paniek gesaai word nie en dat mense met geloofwaardige en betroubare inligting bemagtig word. AfriForum kan op albei terreine ’n sinvolle rol speel,” sê Ernst Roets, AfriForum se Hoof van Beleid en Aksie.
 
AfriForum het ook sy beskikbaarheid aangedui om betrokke te raak by die proses om inligting waarvan die geloofwaardigheid getoets is, onder sy lede te versprei en ’n gesprek met die Departement van Gesondheid versoek.


Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.