On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Motorlisensies kan weer by die poskantoor betaal word

───   10:42 Fri, 05 Jun 2020

Motorlisensies kan weer by die poskantoor betaal word  | News Article

Die poskantoor het goeie nuus vir motoriste en vlooteienaars wie se motorlisensies tydens die inperking verstryk het.


Motorlisensies kan weer by feitlik alle poskantore betaal word wat die diens aanbied.  
 
Motoriste wat nie ‘n hernuwingskennisgewing ontvang het nie, kan die nodige vorm voor die tyd aflaai en invul. Die skakel is op die poskantoor se webblad.
 
‘n Identiteitsdokument is nodig vir lisensiehernuwing, en betalings met bankkaarte of kontant word aanvaar.

Die Poskantoor raai motoriste aan om die tyd van die vierde tot die sewende van elke maand te vermy, aangesien dit dan baie druk gaan met Sassa-betalings.  
 
Dit is ook raadsaam om die 21ste van die maand te vermy. Motoriste kry outomaties 21 dae grasie om die lisensie te betaal nadat dit verval het, en op die dag stroom laatslapers poskantoor toe.  
 
Die meeste takke bied ook ‘n massa-hernuwingsdiens aan vir vlooteienaars.  
 
Motorlisensies is beskikbaar in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordkaap, Noordwes en Limpopo.


Verklaring verskaf.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.