On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Skole kan voortgaan om leerders terug te verwelkom: Fedsas

───   ELSABÉ RICHARD 08:25 Fri, 03 Jul 2020

Skole kan voortgaan om leerders terug te verwelkom: Fedsas | News Article

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, sê skole wat gereed is om leerders terug te verwelkom, kan daarmee voortgaan.


Dit is volgens Fedsas uitvoerende hoof, Paul Colditz, na aanleiding van die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshega, se aankondiging gister dat Graad R-, 6- en 11-leerders Maandag kan terugkeer skool toe.

Die Raad van Onderwysministers het wysigings aangebring tot sommige van die grade wat mag terugkeer skool toe. 

Colditz sê Fedsas sal die kennisgewing beskikbaar stel sodra dit meer besonderhede in hierdie verband het.

Colditz verduidelik “...todat die direktiewe wat die Minister op 23 Junie gepubliseer het, verander word, is dit die reëls wat geld. Skole wat reeds kennis gegee het van afwykings kan daarmee voortgaan totdat die direktiewe amptelik gewysig is/word.”

Hy sê dit is in hierdie stadium onduidelik wanneer dit gaan geskied, “dus sal skole wat byvoorbeeld beplan het om Vrydag of Maandag ander grade in te faseer, daarmee kan voortgaan tot verdere kennisgewing.”

Colditz sê Fedsas sal hierdie kennisgewing beskikbaar stel sodra dit meer besonderhede in hierdie verband het.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) ook ‘n verklaring aan lede vrygestel en gesê dit is belangrik dat skole kennis neem van Motshekga se aankondiging.

Die vakbond het bygevoeg: “Indien die voorbeeld van skole wat reeds pre-Gr R geïmplementeer het, gevolg word, behoort skole wat reeds ander grade geïmplementeer het, toegelaat word om daarmee voort te gaan. Groter duidelikheid hieroor sal binne die volgende 24 uur bekom word.”


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.