On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Wie is Qpro Feeds (Edms.) Bpk.

───   15:00 Fri, 16 Oct 2020

Sponsored15:00 Fri, 16 Oct 2020
Wie is Qpro Feeds (Edms.) Bpk. | News Article

WIE IS ONS? QPro Feeds (Edms.) Bpk., ’n volfiliaal van VKB Agri Processors (VKB), is ’n veevoervervaardiger gesetel in die Oos-Vrystaat.


Die maatskappy het veevoerfabrieke op Vrede en Bethlehem en versprei produkte hoofsaaklik in die Oos-Vrystaat en Limpopo, maar ook na ander dele van die land.

Die QPro Feeds Bethlehem-fabriek produseer voer vir beide monogastriese en herkouerspesies met kapasiteit van ongeveer 8 000 ton per maand, afhangend van die produkverdeling.

Die QPro Feeds Vrede-fabriek produseer voer vir slegs monogastriese spesies met kapasiteit van ongeveer 13 000 ton per maand. Die meule produseer tans hoofsaaklik braaikuikenvoer, maar verskaf ook voer vir braaikuikenteelhoenders, lê-henne en varke.

As gevolg van die uitstekende resultate van die veevoer geproduseer deur die QPro Feeds-aanlegte, is die maatskappy besig om homself te vestig as ’n voorkeurverskaffer in die Suid-Afrikaanse veevoerbedryf.

Deur innovering en goed bestuurde kontrole- en moniteringstelsels, streef QPro daarna om die beste moontlike waarde tot ons klante se besighede toe te voeg.

HOE DIFFERENSIEER ONS ONSSELF?

ONS VOEG WAARDE TOE VIR ONS KLANTE

Ons produkte help ons klante om met die beste in hul bedrywe mee te ding.

Ons tegniese en bemarkingspersoneel komplementeer ons produkte deur persoonlike aandag en deur die deel van kennis.

ONS PROBEER DINGE ALTYD BETER DOEN

Ons is verbind tot volgehoue verbetering.

Ons braaikuikenprodukte word geëvalueer in kommersiële sowel as toetsfasiliteite.

Prosesse en toerusting word voortdurend geëvalueer in terme van effektiwiteit en dienslewering.

ONS HEG WAARDE AAN...

INTEGRITEIT

Ons produkte doen wat ons sê hulle doen.

Ons ondersteun ons produkte deur dik en dun.

Ons streef na betroubaarheid en konsekwentheid.

DIE KLANT

Ons besef ons klante is ons toekoms.

Ons sal altyd goeie klanteverhoudinge beskerm.

Ons voeg waarde toe vir aandeelhouers en klante.

KLANTEDIENS

Ons probeer altyd klantediens verbeter.

Ons wil kwaliteitvoer asook ’n goeie besigheidservaring aan klante bied.

ONS MENSE

Ons glo ’n positiewe, gemotiveerde en bevoegde bestuurspan en werksmag is die kern tot die sukses van enige besigheid.

ONS VERBINTENISSE EN VENNOOTSKAPPE

Ons verbintenis met ons moedermaatskappy, VKB – een van die suksesvolste landboumaatskappye in Suid-Afrika – bied aan ons werknemers sowel as ons klante gemoedsrus. Ons hegte verhouding met Grain Fields Chickens bied die geleentheid om ons voerprestasie in uitstekende fasiliteite onder goed beheerde toestande te evalueer.

ONS PRODUKTE

QPro Feeds verskaf ’n wye reeks produkte vir die enkelmaag- en herkouermark. Die herkouer-reeks sluit in vetmeskonsentrate vir skape, bokke en beeste; suiwelkonsentrate en volledig gemengde rantsoene; rantsoene vir vervangingsdiere en speenkalf-afronding; rantsoene vir werkende bulle en ramme, vroulike diere wat produseer, asook kruipvoer vir kalwers en lammers. Ons vervaardig ook voer vir wild.

Die reeks sluit verder mineraalaanvullings/fosfaatlekke, energie-aanvullings/-lekke en onderhoudsaanvullings/proteïenlekke in.

Ons enkelmaag-reeks sluit produkte vir die groei- en produksiefases van lê-henne en braaikuikens, sowel as ’n volledige reeks vir varke in.

ONS DIENS

Ons tegniese personeel, bestaande uit voedingkundiges en bemarkers, verskaf 24/7- tegniese ondersteuning vir ons produkte. Saam met kundige konsultante gee hulle raad en kreatiewe oplossings rakende enige voerverwante kwessies.

In samewerking met eksterne kontrakteurs en VKB Logistiek, sorg ons logistiekdepartement dat produkte tydig en bestellings volledig by klante afgelewer word.

*Artikel verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.