On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Oos-Kaapse seun gee nuwe betekenis aan 'skoolsiekte'

───   CATHY DLODLO 15:50 Mon, 12 Oct 2020

Oos-Kaapse seun gee nuwe betekenis aan 'skoolsiekte' | News Article
File image

‘n Seun (13) van die Oos-Kaap het nuwe betekenis gegee aan wat bekend staan as die sogenaamde “skoolsiekte”.


Kinders kla gewoonlik oor een of ander siekte soos maagseer as hulle die skoolbanke vir 'n dag of twee wil vermy. 

Dié tiener, Renaldo Ruiners, het wel skool toe gegaan - maar vir die hele naweek eerder in die dak van die skool se seuns-badkamer weggekruip. 

‘n Verklaring van die polisie verduidelik nie hoekom die seun homself in die dak bevind het nie, maar hy is eers vanoggend deur die opsigter van sy skool daar ontdek. 

Polisie-woordvoerder, Priscilla Naidu, sê die seun is ongedeerd, maar is vir behandeling na 'n hospitaal toe geneem.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.