On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

#BLF-haatspraaksaak gaan voort

───   06:42 Thu, 05 Nov 2020

#BLF-haatspraaksaak gaan voort | News Article

AfriForum het sy hofsaak teen Black First Land First (BLF) se Andile Mngxitama in die Gelykheidshof in Johannesburg voortgesit.


Die saak hou verband met Mngxitama se kommentaar in 2018 toe hy gesê het dié party is van plan om vyf wit mense te vermoor vir elke swart persoon wat in taxi-geweld sterf. Luidens 'n verklaring het Ernst Roets, AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, sy hoofondervraging voltooi, waarna hy onder kruisondervraging geplaas is deur die BLF en Mngxitama se regsverteenwoordiger.

AfriForum eis dat Mngxitama se kommentaar tot haatspraak verklaar word, dat hy ’n openbare verskoning moet uitreik en dat die BLF en Mngxitama R500 000 skenk aan ’n organisasie wat homself daarmee bemoei om haatspraak en geweld teen minderhede te beveg. AfriForum eis verder dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolgings verwys word vir strafregtelike vervolging.

“Dit is belangrik dat geen politikus dink dat hulle verhewe is bo die reg nie. AfriForum wil verseker dat daar ernstige wetlike gevolge is vir enige aanhitsing tot geweld teen ’n groep of individu gegrond op hul ras,” sê Roets.

Die saak sal op 9 Desember 2020 voortgaan.


Verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.