South Africa
#Bushiri 'was nie op president se vlug'─── 08:36 Mon, 16 Nov 2020
Die Suid-Afrikaanse regering sê in ‘n verklaring dat die omstrede pastoor Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, nie aan boord 'n vlug saam met Malawi se president, Lazarus Chakwera, was toe hy en 'n afvaardiging Suid-Afrika verlaat het nie.
Luidens die verklaring het die Departement van Binnelandse Sake die identiteite van almal op Chakwera se vlug geverifieer en sê die Bushiri's was nie op die vlug nie. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering begin met die proses om die omstrede Bushiri en sy vrou te laat uitlewer nadat hulle na Malawi gevlug het.
Die Bushiri-egpaar staan in Suid-Afrika tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery van meer as R100 miljoen.
Verklaring
