South Africa
Regering neem onderwyserassistente in diens─── 06:56 Tue, 17 Nov 2020
Die regering sê hy het besluit om onderswyserassistente in diens te neem – en nié gekwalifiseerde werklose onderwysers nie – as deel van sy stimuluspakket van R500-miljard vir ekonomiese herstel ná die COVID-19-inperkings.
Die regering sê die assistente sal egter slegs tydelik aangestel word. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dít gesê in haar geskrewe antwoord op ‘n vraag in die Nasionale Raad van Provinsies.
Motshekga sê werwing vir vaste aanstellings sal egter voortgaan volgens die beskikbare poste en die begroting daarvoor. Sy sê onderwysassistente sal nie klasgee nie, maar sal slegs die onderwysers help met algemene klaswerk.
SABC
