On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

South Africa

#Bushiri in twee howe verwag

───   08:35 Thu, 19 Nov 2020

#Bushiri in twee howe verwag | News Article

Die omstrede kerkleier Shepherd Bushiri en sy vrou Mary kan miljoene rande, sowel as eiendom verloor as hulle nie Donderdag in die landdroshof in Pretoria aanmeld nie.


Hulle sal ook hulle borgtog van R400 000 verbeur. 

Dit is egter onwaarskynlik dat die egpaar na Suid-Afrika sal terugkeer, omdat hulle ook in Malawi in die hof moet verskyn om aansoek te doen om borgtog en met hulle verhoor oor uitlewering aan Suid-Afrika te begin. 

Hulle het hulleself Woensdag aan die polisie in Malawi oorgegee nadat ‘n Interpol-lasbrief vir hulle inhegtenisneming uitgereik is. Hulle het verlede week uit Suid-Afrika gevlug. 

Die Bushiri’s word aangekla van bedrog, korrupsie en geldwassery ter waarde van meer as miljoen rand.


SABC-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.