On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Nog swaar reën verwag

───   15:28 Mon, 06 Dec 2021

Nog swaar reën verwag | News Article
PHOTO: iStock

Suid-Afrikaners in groot dele van die land kan hulself gereed maak vir nog swaar reën wat in die volgende sewe dae kan uitsak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê swaar reën die afgelope naweek regoor die land het gelei tot oorstromings op sommige plekke. Venetia Phakula van die weerdiens sê 60 persent reën word vir die Oostelike dele van Noordwes en die Vrystaat voorspel, met bewolkte toestande wat reeds Dinsdag ervaar sal word. Geen beduidende reën word egter vir die Wes- en Noord-Kaap voorspel nie.  Sy sê 69mm reën is by Hennenman in die Vrystaat aangeteken, gevolg deur 35mm in Vryburg in Noordwes.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.