On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

AfriForum sal Zuma se appèl teenstaan

───   07:24 Wed, 22 Dec 2021

AfriForum sal Zuma se appèl teenstaan | News Article

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan oudpresident Jacob Zuma se appèl teen die bevinding dat sy mediese parool onregmatig toegestaan is, teenstaan in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein.

Dit volg ná die Noord-Gautengse Hooggeregshof vandag Zuma se aansoek om verlof tot appèl toegestaan het.

AfriForum is van mening dat die reg rondom mediese parool duidelik is. 

Die feite maak dit ook duidelik dat mediese parool in dié geval nie toegestaan moes word nie. 

AfriForum is daarom oortuig daarvan dat die uitspraak van die Noord-Gautengse Hooggeregshof wel die korrekte beslissing is, naamlik dat die toestaan van mediese parool onregmatig was.


Statement supplied


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.