On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Man vas weens veediefstal by grenspos

───   16:40 Mon, 10 Jan 2022

Man vas weens veediefstal by grenspos | News Article
Foto: Verskaf

‘n Middeljarige man is by die Gemsbok-grenspos in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat hy vee vanuit Botswana na gebiede naby die grenspos smokkel.

Die Veediefstaleenheid van polisie het ‘n ondersoek geloods, en beslag op vyftien bokke sowel as een skaap met ‘n straatwaarde van R32 000 gelê.

Die verdagte het glo die vee in Botswana gesteel, en wou dit aan die ander kant van die grens verkoop.

Peet Coetzee, waarnemende gebiedsbevelvoerder vir die Zfmgawu-streek, het die betrokke lede geloof en bevestig dat die vee aan hulle regmatige eienaar oorhandig sal word.

Die verdagte sal binnekort in die Landdroshof in Rietfontein verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.