South Africa
D-dag vir matriekuitslae─── BLAINE JONES 07:22 Thu, 20 Jan 2022

Die uitslae van die 2021-matrieks se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gaan Donderdag deur die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, bekend gestel word.
Matriekuitslae vir staatskole sal aangekondig word, met individuele uitslae wat môre toeganklik sal wees. Die minister sal Donderdag om 18:00 haar aankondiging doen.
Die Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat matriekuitslae beskikbaar sal wees op sy webwerf. Om te registreer, moet kandidate hul ID-nommer en eksamennommer op die webblad education. gov.za verskaf. Leerders kan hul uitslae ook op Vrydag 21 Januarie by hul skole gaan haal.
As gevolg van 'n onlangse hofuitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria, het koerante ook toestemming gekry om matriekuitslae te publiseer.
OFM-nuus