On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

#Covid19-hulpfonds: Duisende aansoeke vir toelae nog oorweeg

───   CATHY DLODLO 08:18 Wed, 20 Apr 2022

#Covid19-hulpfonds: Duisende aansoeke vir toelae nog oorweeg | News Article

Die status van aansoekers vir die toelae wat vir werklose Suid-Afrikaners as deel van die Covid19-hulpfonds beskikbaar gestel is, gaan nog heroorweeg word.

Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het op ‘n vraag van EFF-parlementslid Paulnita Marais, oor die R350-toelae, geantwoord. 

In die geskrewe antwoord sê die departement dat sowat 20 000 aansoekers appèl aangeteken het. Die aansoekers is oorspronklik afgekeur en moet nou heroorweeg word. Intussen is diegene wat reeds gekwalifiseer het tydens die vorige boekjaar, betaal. Die departement sê die uitstaande aansoeke gaan binnekort oorweeg word. Onderhandelinge is ook aan die gang om meer van die groot kettingwinkels te betrek by die uitbetaling van die toelae en by die bestaandes te voeg.  

Meer toeganklike uitbetalingstelsels – soos betalings na selfone – word ook vir die 2022/23-boekjaar ondersoek.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.