On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Clover-aanvalle: Borgaansoek van nog beskuldigdes begin

───   09:12 Sat, 04 Jun 2022

Clover-aanvalle: Borgaansoek van nog beskuldigdes begin | News Article

Die borgaansoek van nog drie beskuldigdes in die Clover-saak sal na verwagting op 6 Junie 2022 begin.

Lesiba Mantsi, Ralph Shingange en Melford Rammutla - wat intussen deur die SAPD gearresteer is in verband met die moord op Terence Tegg, die oud-Recce wat tydens die Clover-staking vermoor is, asook poging tot moord op J.J. Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het, gaan Maandag in die Tembisa Landdroshof verskyn.

Vyf verdagtes is dus tot dusver in hegtenis geneem.

Mohale Shokane en Nkosinathi Mbatha se aansoek om borg is reeds op 19 April deur landdros Karien Brits in die Tembisa Landdroshof van die hand gewys.

Die burgerregte-organisasie AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans, kragtens ’n waaksaamheidsopdrag, vir Michele Bebbington by wat verloof was aan Tegg, asook vir die Cassanga-familie.

Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.