South Africa
Clover-aanvalle: Uitspraak in borgaansoek verwag─── 05:12 Fri, 26 Aug 2022
Lesiba Mantsi, Melford Rammutla en Ralph Shingane sal na verwagting Vrydag in die Tembisa Landdroshof hoor of hul aansoek om borgtog geslaag het of nie.
Dié drie beskuldigdes, asook Mohale Shokane en Nkosinathi Mbatha (wie se borgaansoeke reeds in April van die hand gewys is), word aangekla van die gewelddadige moord op die twee sekuriteitswagte Terence Tegg en J.J.
LEES MEER: Clover-aanvalle: Borgaansoek van nog beskuldigdes begin
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n waaksaamheidsopdrag in hierdie saak namens Michele Bebbington (Tegg se verloofde), asook die Cassanga-familie.
LEES MEER: Clover attacks: Bail applications denied
Shokane en Mbatha word van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en opsetlike saakbeskadiging aangekla.
Verklaring verskaf.
