South Africa
De Ruyter bly aan tot Maart 2023─── 08:35 Thu, 15 Dec 2022

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het ingestem om tot Maart aanstaande jaar in sy pos aan te bly ten einde kontinuïteit by die energieverskaffer te verseker.
Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê De Ruyter het ingestem om langer as sy 30-dae kennisgewingstydperk by die kragvoorsiener te bly.
Hy sê Eskom het nog geen planne in plek om De Ruyter te vervang nie en dat die raadsvoorsitter nie die tydelike hoof-uitvoerende beampte sal word nie.
Makwana sê, namens die Eskom-raad en al Eskom se personeel, wil hulle De Ruyter bedank vir sy uitsonderlike diens aan die mense van Suid-Afrika.
Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het De Ruyter ook intussen bedank vir sy opofferings en uithouvermoë in 'n uiters moeilike amp.