On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Tom Cruise spring uit helikopter as dankiesê vir filmsukses

───   17:23 Mon, 19 Dec 2022

Tom Cruise spring uit helikopter as dankiesê vir filmsukses | News Article
Tom Cruise spring uit 'n helikopter oor Suid-Afrika ná sy Top Gun-filmsukses. FOTO: Paramount Pictures

Die Amerikaanse filmster het 'n video op sosiale media gedeel waar hy uit 'n helikopter oor “sonnige” Suid-Afrika spring, om aanhangers te bedank vir die fenomenale sukses van sy film, ‘Top Gun: Maverick” vroeër vanjaar.

“Haai almal, hier is ons oor sonnige Suid-Afrika,” sê hy terwyl hy op die rand van die helikopter sit.

“Ons verfilm ‘Mission: Impossible – Dead Reckoning’ deel een en twee.”

Hy voeg by dat, “Ek wou nie hê dat die jaar moet eindig sonder om julle almal te bedank dat julle na die teaters gekom het en ‘Top Gun: Maverick’ ondersteun het nie.”

Hy stel dan vir Christopher McQuarrie, die skrywer en regisseur van "Dead Reckoning" voor, waarna McQuarrie hom herinner dat daar nog verfilming voorlê.

"O ja, ons verfilm. Ons moet hierdie skoot kry. Kom jy?" vra Cruise vir McQuarrie (wat ooglopend nié van plan is om uit 'n helikopter te spring nie) waarop dié reageer met “sien jou daaronder”.

Sonder om 'n oomblik te huiwer spring Cruise uit die helikopter en terwyl hy deur die lug vryval, praat hy verder met die kamera en sê, “Soos altyd, dankie dat julle ons toelaat om julle te vermaak. Dit is waarlik die eer van 'n leeftyd,” voordat hy almal 'n veilige en gelukkige vakansie toewens.

“Ons sien julle by die flieks!"


‘Top Gun: Maverick’ is Paramount Pictures se grootste lokettreffer ooit met 'n wêreldwye inkomste van $1,488 miljard. Dit het 'n nominasie vir beste rolprent by die Golden Globes ontvang.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.