On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

De Ruyter bevestig hy is moontlik die dag ná sy bedanking vergiftig

───   06:30 Sun, 08 Jan 2023

De Ruyter bevestig hy is moontlik die dag ná sy bedanking vergiftig | News Article
Eskom uitvoerende hoof André de Ruyter.

Eskom se uitvoerende hoof André de Ruyter het 'n beweerde aanslag op sy lewe oorleef.

De Ruyter het aan News24 bevestig dat dokters op 13 Desember verhoogde vlakke van sianied in sy bloed gevind het. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Dokters het bevestig dat hy verhoogde vlakke van sianied in sy bloed gehad het in opeenvolgende toetse 'n paar dae uitmekaar.

De Ruyter het op 12 Desember sy bedanking ingedien en het dit twee dae later aan die publiek bekend gemaak.

EE Business Intelligence het berig dat De Ruyter siek geword het nadat hy "'n koppie koffie gedrink het" by Eskom se kantore in Sunninghill. Hy het gebraak en gebewe, kon nie loop nie en het toe inmekaargesak.

Hy is toe na die dokter geneem, waar hy gediagnoseer is met sianiedvergiftiging.

Die publikasie het berig dat De Ruyter 'n strafsaak op 5 Januarie geopen het.

News24

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.