South Africa
Masels nou in ál nege provinsies─── 07:46 Tue, 10 Jan 2023
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat die uitbraak van masels nou in al nege provinsies van Suid-Afrika voorkom.
Dit volg ná berigte dat 318 laboratorium-bevestigde gevalle tussen Oktober en Desember 2022 voorgekom het.
Die Departement van Gesondheid se verteenwoordiger in die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap, Anna Mbova, sê die enigste manier om die siekte hok te slaan is deur 'n gemeenskaplike benadering tussen Suid-Afrikaanse gesondheidsinstellings en die publiek.
Sy sê die departement beoog ‘n nasionale maselinentingsveldtog vanaf 6 tot 17 Februarie 2023.
“Al ons klinieke gaan aktief besig wees in ons gemeenskappe om kinders ‘n ekstra dosis teen masels toe te dien ten einde hulle teen dié hoogs aansteeklike siekte te beskerm.”
