On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

12 maande of R12 000 vir man wat tienerseun aanrand

───   06:33 Tue, 31 Jan 2023

12 maande of R12 000 vir man wat tienerseun aanrand | News Article
Corrie Pretorius in die hofsaal. FOTO: Newzroom Afrika

Corrie Pretorius, die man wat ’n tienerseun in 2022 by ’n kitskosrestaurant in Groblersdal aangerand het, is tot 12 maande tronkstraf óf ’n boete van R12 000 gevonnis.

Pretorius is Maandag in die Groblersdal-landdroshof gevonnis waar hy vroeër skuldig gepleit het op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy is aanvanklik ook aangekla van die rig van 'n vuurwapen, maar die staat dié klag teruggetrek aangesien daar nie voldoende bewyse was om hom daaraan skuldig te bevind nie.

Pretorius het die seun op 15 Junie 2022 tydens 'n argument, na bewering oor sout, aangerand.

‘n Video van die voorval is op sosiale media versprei, waarin gewys is hoe Pretorius die seun aanrand, vloek en 'n vuurwapen op hom rig.

ALSO READ: Groblersdal man arrested for assaulting teen over salt

Volgens die polisie het ander kopers hulpeloos toegekyk hoe Pretorius die seun aanrand.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Mashudu Malabi-Dzhangi, sê Pretorius het skuldig gepleit op die oortredings en dat hy berou het.

“Die staatsadvokaat, Billy Mudavhi, het in die hof aangevoer dat die oortreding ernstig en van openbare belang is. Hy het verder gevra vir direkte tronkstraf. Die landdros het Pretorius ’n boete van R12 000 opgelê of 12 maande tronkstraf, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.”

“Die NVG glo dat die vonnis 'n sterk boodskap aan voornemende oortreders sal stuur,” sê Malabi-Dzhangi.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.