On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Dié mayonnaise nie meer op SA winkelrakke

───   17:46 Tue, 31 Jan 2023

Dié mayonnaise nie meer op SA winkelrakke | News Article

Liefhebbers van mayonnaise mag dalk spyt wees om te hoor dat 'n gunsteling-handelsmerk binnekort nie meer op winkelrakke in Suid-Afrika beskikbaar sal wees nie.

Of dalk nié – Unilever, wat die produk invoer, het bevestig dat Hellmann se mayonnaise weens lae verbruikersaanvraag in Suid-Afrika gestaak word, aldus ‘n berig deur The South African.

Die skuld word ook voor die deur van hoë invoerkoste gelê.

Hellmann se mayonnaise is 118 jaar gelede - in 1905 - vir die eerste keer in New York deur Richard Hellman gemaak en kan in winkels regoor die wêreld gevind word – net nie Suid-Afrika nie.

Die mayonnaise is deel van ‘n langer-wordende lys van produkte wat nie meer in Suid-Afrika beskikbaar is nie, waaronder Redro-vissmeer, Peck's Anchovette, Cadbury's Tempo-sjokolade, Chocolate Log-sjokolade en Simba's All-Gold-aartappelskyfies.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.