On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Vier van SA in Turkse tronk ongedeerd

───   06:43 Wed, 08 Feb 2023

Vier van SA in Turkse tronk ongedeerd | News Article
Mesut Hancer hou die hand vas van sy 15-jarige dogter Irmak, wat in die aardbewing dood is. FOTO: Adem Altan/AFP/Getty Images

Vier Suid-Afrikaners in ’n Turkse gevangenis is tydens die aardbewing beseer nie, sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco).

Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, het Dinsdag aan News24 gesê die situasie in Turkye word gemonitor.

"Ons is bewus van vier SA gevangenes wie se gevangenis beskadig is, maar daar was geen beserings nie. Dit gaan goed met hulle. Dit is 'n ontwikkelende situasie, so ons sal voortgaan om dit te monitor. Ons ambassade in Ankara is op bystand om enige Suid-Afrikaner te help wat mag dit vereis,” sê hy.

Volgens die BBC nader die dodetal 8 000, ná twee aardbewings wat Maandag die grens tussen Turkye en Sirië getref het. Die dodetal kan na verwagting aanhou styg.

Verskeie nie-regeringsorganisasies, waaronder Gift of the Givers, het hulpspanne ontplooi om soek- en reddingsdienste in Turkye en Sirië by te staan.

OFM News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.