On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Fiëstas 2023 aangekondig

───   SUZANNE VENTER 15:13 Fri, 10 Mar 2023

Fiëstas 2023 aangekondig | News Article
FOTO: Facebook

Die wenners van die 13de kykNET Fiëstas is op Donderdag 9 Maart tydens ’n intieme geleentheid by The Lookout in Kaapstad aangekondig.

Pryse is in dertien kategorieë toegeken. 

Handel at Home

Die Fiësta vir beste spel in ’n hoofrol het gegaan aan die veteraan aktrise Sandra Prinsloo vir haar rol in Die moeder. Prinsloo het aan OFM-nuus gesê dis ’n voorreg om vereer te word vir ’n rol wat haar so na aan die hart lê.


Die jong en talentvolle Adriaan Havenga, ’n boorling van Lichtenburg in Noordwes, is aangewys as beste opkomende kunstenaar vir sy spel en die verwerking van die teks vir Om skoon te wees (Woordfees en KKNK) en vir die teks van Iewers in grys (US Woordfees). Hy het elke liewe teaterganger bedank vir hul bydrae om die bedryf aan die gang te hou.

Die immer gewilde Nataniël is bekroon met ’n Fiesta vir beste musiekgedrewe produksie vir Prima Donna (KKNK).

Die skrywer, digter en aktivis dr. Diana Ferrus en die musiek-maestro prof. Hubert van der Spuy is vir hulle lewensbydrae tot die kunste vereer.

Dr. Diana Ferrus

Suidooster se Jawaahier Petersen en Fraksie se Melt Sieberhagen was die seremoniemeesters en Schalk Joubert, Ramon Alexander en Babalwa Mentjies het mense met hul musiek vermaak.

Van die glansmense wat Fiëstas oorhandig het, was Dawid Minaar, Cintaine Schutte, Lynelle Kenned, Irshaad Ally en Nicola Hanekom.

Christiaan Olwagen

Waldimar Pelser, M-Net se direkteur van premium-kanale, sê die bekendes en onbekendes, veterane en nuwelinge wat gehore die afgelope jaar dwarsdeur die land op verhoë geroer en vermaak het, is helde in ons oë.

“Hulle was die genomineerdes by vanjaar se Fiësta-toekennings. Uit hierdie reeds uitgelese groep het die Fiësta-paneel diegene gekies wat by die afgelope jaar se kunstefeeste die tydsgees presies reg gelees het en besondere werk kon skep,” sê Pelser.

Hy sê voorts dat hulle hoop dat die toekennings ’n spesiale oomblik in al die wenners se loopbane sal wees, maar dat die gesogte Fiësta-trofee altyd tweede prys sal wees. “Die eerste prys is altyd die waardering van die publiek,” sê Pelser.

Adriaan Havenga

Die toekennings is nie vanjaar regstreeks uitgesaai nie, maar Fiësta se program op 24 Maart sal aan die glansaand gewy word en ’n insetsel daaroor sal op Bravo! op 26 Maart gewys word.

Die wenners in die onderskeie kategorieë is:

Beste spel in ’n hoofrol:

Sandra Prinsloo vir Die moeder (US Woordfees)

Carlo Daniels

Beste spel in ’n ondersteunende rol:

Carlo Daniels vir Ek, Anna van Wyk (KKNK)


Beste regie:

Christiaan Olwagen vir Die moeder (US Woordfees)


Beste teaterontwerp:

Gideon Lombard vir die klankbaan en ontwerp van Karatara (KKNK, SOF)


Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling:

Adriaan Havenga vir Iewers in die grys (US Woordfees)


Beste prestasie in klassieke musiek:

Handel at Home (US Woordfees, KKNK)


Beste prestasie in visuele kuns:

Pitika Ntuli vir Azibuyele Emasiswene/Terugkeer na die bron (Vrystaat)


Beste musiekgedrewe produksie:

Prima Donna (KKNK)


Beste bydrae tot ’n musiekgedrewe produksie:

The Ancient Voices (Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies) vir Die oerkluts kwyt (KKNK, SOF, Aardklop)


Beste feesproduksie:

Die moeder (US Woordfees)


Beste opkomende kunstenaar:

Adriaan Havenga: teks vir Iewers in die grys en sy spel en teks vir Om skoon te wees (Woordfees en KKNK)

Blou Fiësta:

Stemme (SOF)

Vyftien dramaturge het kort en kragtige monoloë in verskeie Suid-Afrikaanse tale geskryf. Die monoloë is deur die Suidoosterfees opgevoer en daarna verfilm en saam met die tekste op LitNet vrygestel.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.