On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Verkope van voedsel, drank, hardeware daal

───   06:23 Thu, 16 Mar 2023

Verkope van voedsel, drank, hardeware daal | News Article

Verbruikers sukkel met stygende lewenskoste in 'n hoë inflasie-omgewing en stygende rentekoerse knou verbruikersvertroue. Beurtkrag het ook 'n impak op kleinhandelaars se werksure.

“Terwyl verbruikersinflasie in Januarie afgeneem het,  was dit op 6,9% ver bo die Reserwebank se teiken. Werkloosheid bly ook hoog op 32,7%,” sê Siphamandla Mkhwanazi, senior ekonoom van FNB.

Vyf uit die sewe kleinhandelkategorieë het afnames in verkoopsvolumes aangeteken. Die grootste negatiewe bydraers tot hierdie afname was kleinhandelaars in voedsel en drank, gevolg deur hardewarewinkels.

“Kos en drank het teen -7,3% jaar-op-jaar die grootste afname aangeteken, hoewel klere en skoene in Januarie die fort gehou het met 'n toename in volumes van 2,3% jaar-op-jaar – wat dalk toegeskryf kan word aan skoolverwante besteding.

“Na verwagting sal die trae ekonomiese omgewing, gekombineer met deurlopende kragonderbrekings druk op inkopie-aktiwiteite in 2023 plaas. Gevolglik verwag ons dat huishoudelike verbruiksbesteding van ongeveer 2,6% jaar-op-jaar in 2022 tot ongeveer 1,5% in 2023 sal daal.”

Hy sê kleinhandelverkope sal swak bly in die komende maande. “Huishoudelike finansies is steeds onder druk weens stygende lewenskoste. Daarby hou loonverhogings nie by nie omdat maatskappye se insetkoste danksy beurtkrag styg namate hulle reëlings vir alternatiewe energiebronne tref.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.